‘n Verstaanbare verduideliking van Christelike volmaaktheid

John Wesley

Vertaal deur Pieter WS Joubert

Met die samewerking van Ds. M Griesel en Ds V Joubert

Soveel van ons Afrikaanse Christene mis die geleentheid om eerw. John Wesley se werk ten volle te begryp omdat ons dit nie in ons eie taal kan lees nie. ‘A Plain Account of Christian Perfection’ is die fondasie van die boodskap van heiligmaking wat die Here spesifiek op die hart van John Wesley gelê het. Ek het op die internet gaan soek na ‘n Afrikaanse weergawe van ‘A Plain Account of Christian Perfection’ omdat ek dit graag in my eie taal wou lees. Ek kon dit nêrens opspoor nie, so, as daar ‘n gepubliseerde weergawe bestaan weet ek nie daarvan nie. Dus het ek dit goed gedink om die boek in Afrikaans weer te gee.

English: A Plain Account of Christian Perfection

Tabs